" Die towenares " deur EUGÈNE MARAIS [boodskap #90306] |
Thu, 12 February 2004 19:11 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Eugène N. Marais
Die towenares
Lied van die verbanne jong meid
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly?
Sy wag nie meer vir die kom van die jagters nie;
sy maak nie meer die vuur van swart-doringhout nie.
Die wind waai verby haar ore;
sy hoor nie meer die danslied nie;
die stem van die storie-verteller is dood.
G'neen roep haar van ver nie
om mooi woorde te praat.
Sy hoor net die stem van die wind alleen,
en die wind treur altyd
om hy alleen is.
|
|
|